Quantcast
Channel: Rusties Online
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1979

Ma & Seun Oggend – Jannie Putter

$
0
0

Ma&Seun2013

Ma & Seun Oggend – Jannie Putter

Datum: Saterdag 3 Augustus om 09:30
Plek: Agapé Gemeentesentrum, Cuckoolaan 99, Rustenburg
Koste:  R100 pp sluit ‘n vinger-ete in.
Kaartjies is daagliks beskikbaar by:

  • Agapé Gemeentesentrum kerkkantoor tussen 08:00 en 16:00
  • Jou Diva
  • Leane Weel : 084 516 5983

Jannie het by geleentheid homself beskryf as iemand wat passievol is vir God, sy vrou en sy kinders – ʼn man wat as kind ʼn rebel was, en wat so ʼn ongelooflike pad gestap het dat hy vanaf 2006-2010 die Vodacom Bulls se sportsielkundige en ‘mental coach’ was en tans as motiveringspreker optree.

Sy boeke wat top-verkopers is,  is onder andere ‘Wie wen… Ek of my Kind?’ en ‘Wenplan vir die Lewe’ waar hy skryf oor die strategieë om die uitdagings van die lewe te oorkom en die invloed van die regte denke op sukses.

Kom luister na hierdie dinamiese kind van God, gesinsman en spreker wanneer hy vanuit sy vele ervarings as sportman, denke-afrigter en sportsielkundige gesels oor verhoudings, die regte gesindheid, oor voorbereiding en vasberadenheid en hoe om voort te gaan wanneer jy misluk het.

Bederf jou seun met hierdie baie spesiale geleentheid wat julle kan deel!


Viewing all articles
Browse latest Browse all 1979

Latest Images

Trending Articles



Latest Images