Klein Ethan is op 12 Januarie 2015 gediagnoseer met Alternating Hemiplegia Syndrome, een uit ‘n miljoen babas kry hierdie sindroom. (U kan gerus meer inligting gaan google.)
Soos julle weet is mediese kostes maar ondraaglik hoog en is ekstra fondse altyd nodig om al die onvoorsiene kostes te dek.
Daarom het ons dit goed gedink om ‘n fondsinsameling te loods deur Sjokolade Kersringe te maak en te verkoop, om vir Mamma en Pappa te help om van hulle bulletjie se mediese kostes te kan dek en seker te maak dat hy ten alle tye gemaklik is en niks tekortkominge het nie…
Gaan volg gerus vir Ethan op Facebook ook.
Ek het ook ‘n bestel vorm aangeheg wat U kan gebruik indien U wil help om so veel moontlik bestellings vir my te kan kry.
Ek sal dit verkies dat bestellings by my geplaas geword soos U dit ontvang, so nie, is 15 Desember die laaste bestel dag en aflewering sal geskied tot 22 Desember 2016.
Betaling sal bestelling bevestig.
Alle betalings kan asseblief in die volgende rekening inbetaal word:
FNB
N.Botha
Spaarrekening
250655
62575871241
Ref. No: Naam, selfoonnommer en hoeveelheid ringe
Die bewys van betaling kan asseblief sommer vir my na nicolenebotha@outlook.com toe gemail word.
Aflewering in en tot 20km om Rustenburg is gratis.
Ringe kan ook landswyd gekoeriëer word teen ‘n koste van R80 tot en met 4 Kg (‘n ring weeg om en by 1 Kg)
U ondersteuning sal ter harte waardeer word.
Byvoorbaat dank
Nicolene Botha
079 589 2885 (Ook op whatsapp beskikbaar)