Quantcast
Channel: Rusties Online
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1979

Môrester Kinderhuis Kersprojek

$
0
0

morester-kersprojek

Tandarts praktyk (Dr Melandie Engelbrecht Inc) wil graag die kersfees uitreik na die Môrester kinderhuis om so ook die kinders wat daar te huis is ‘n kersgeskenk op kersdag te kan gee. Môrester het tans 65 kinders wat graag ‘n geskenkie op kersdag wil ontvang, waarvoor voorsiening gemaak gaan word.

Ons daag die gemeenskap uit om ‘n skoenboks grote boks te vul met lekkernye, skryfbehoeftes en ‘n waslap?

Dr Melandie Engelbrecht se praktyk sal dan die tandeborsel, tandepaste en koekie seep voorsien vir elke boks ontvang.

In die kersgeskenk sal hul basiese benodigehede soos ‘n tandeborsels, tandepaste, koekie seep, waslap, ‘n lekkerny, skryfbehoeftes vir 2017 skooljaar en ‘n handgemaakte kerskaartjie ontvang.

Dit is iets baie soort gelyk as die bekende “shoe boks “ projekte wat in ander stede plaasvind.

Ons kantore is op die hoek van Kock en Unie str geleë, skuins oorkant vastrap waar die boksies afgegee kan word.

Kantore sal oop wees om bokse te ontvang tot 22 Desember 10:00.

Kontak nommer (014) 940 0169

Reik uit en maak ‘n kinder hartjie bly.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 1979

Trending Articles